Mary Burton is 'n Argentyn, wat met 'n Suid-Afrikaner getrou het, en in 1965 betrokke geraak het by die Black Sash nadat haar werk in sopkombuise in arm gebiede nie meer genoeg was nie. Sy móes betrokke raak. Sy was dan ook van 1986 af tot 1990 president van die Black Sash. Náa die 1994-verkiesing is sy verkies tot een van net 17 mense om op die Waarheid- en Versoeningskommissie te dien. Anita Visser praat met Burton oor die sogenaamde wit-wees-debat.